Niuies (ko e vagahau Niuē) is 'n Maleis-Polinesiese taal wat saam met Engels die amptelike tale van die eilandnasie Niue, 'n gebied van die Koninkryk van Nieu-Seeland, vorm. Die teks van Niue se volkslied, Ko e Iki he Lagi, is in Niuies.

Taalkundiges klassifiseer Niuies as 'n Tongiese taal wat nou verwant aan Tongaans van Tonga is. Dit is ietwat minder verwant aan Oos-Polinesiese tale soos Cookeilandse Māori, Hawais, Māori, Rapa Nui en Tahitiaans asook Wes-Polinesiese tale soos Samoaans, Tokelauaans en Tuvaluaans, en het daarnaas nog 'n los verbintenis met Fidjiaans.

Niuies word deur 7 067 mense gepraat.

Verwysings

  1. "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Niue" (in Engels). Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 April 2020. Besoek op 18 Februarie 2018.