Yitzhak Shamir (1915 - 2012) was 'n Israelse politikus wat aan die liberale Herut- en Likud-partye behoort het.
Shamir was vanaf 1974 tot 1996 'n lid van die Knesset en van 1977 tot 1980 ook die voorsitter van die Knesset gewees, en het (as waarnemer) baie ministersposte beklee. So was hy vanaf 1980 tot 1986 die minister van Buitelandse Sake, en van 1983 tot 1984 asook van 1986 tot 1992 die sewende eerste minister van Israel gewees. Tydens sy tweede ampstermyn het die Palestynse Eerste Intifada in 1987 aangevang.
Hy was in die Russiese Ryk gebore, en het in 1935 vanuit Pole na die Britse mandaat van Palestina geëmigreer. Hy was een van die paramilitêre Joodse organisasie Lechi se leiers gewees, en het van 1955 tot 1965 by die geheime diens die Mossad gewerk.
Eksterne skakels
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Yitzhak Shamir.- Knesset se webwerf
| Voorafgegaan deur Menachem Begin |
Eerste Minister van Israel 1983-1984 |
Opgevolg deur Shimon Peres |
| Voorafgegaan deur Shimon Peres |
Eerste Minister van Israel 1986-1992 |
Opgevolg deur Yitzhak Rabin |