Néstor Carlos Kirchner, bynaam die pikkewyn,[1] (Río Gallegos, Santa Cruz, 25 Februarie 1950 - El Calafate, Santa Cruz, 27 Oktober 2010) was 'n Argentynse politikus wat aan die Peronistiese Party behoort het.
Hy was vanaf 2003 tot 2007 president van Argentinië gewees. Hy is opgevolg deur sy eggenote Cristina Fernández de Kirchner. As president het hy 'n linkse beleid gevoer.
Kirchner het vir advokaat gestudeer. Van 1991 tot 2003 was hy goewerneur van die provinsie Santa Cruz.
Néstor Kirchner het op die ouderdom van sestig aan 'n hartaanval gesterf.
Verwysings
Eksterne skakels
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Néstor Kirchner.- (es) Amptelike webwerf van Néstor Kirchner Geargiveer 19 Januarie 2013 op Wayback Machine
