Vroeë lewe en opvoeding
Milan Kundera is gebore op 1 April 1929 by Purkyňova 6 (Jan Evangelista Purkyně Str. no. 6) in Královo Pole, 'n distrik van Brno, Tsjeggo-Slowakye (die hedendaagse Tsjeggië) in 'n middelklas gesin. Sy vader, Ludvík Kundera (1891–1971), was 'n belangrike Tsjeggiese musikoloog en pianis wat gedien het as hoof van die Janáček Akademie vir Musiek en die Uitvoerende kunste in Brno van 1948 tot 1961.[6][7] Sy moeder Milada Kunderová (gebore Janošíková)[8] was 'n onderwyseres. Sy vader het in 1971 gesterf, en sy moeder in 1975.
Kundera het onder sy vader klavier leer speel en later musiekwetenskap en musikale komposisie bestudeer. Musikologiese invloede, verwysings en musieknotasie kan dwarsdeur sy werk gevind word. Kundera was 'n neef van die Tsjeggiese skrywer en vertaler Ludvík Kundera.[9] In sy jeug is hy deur sy vader ondersteun in sy musikale strewe, en hy het ook sy vermoëns as komponis op die proef gestel.[10][11] Op daardie stadium was een van sy destydse onderwysers Pavel Haas.[12] Sy toewyding tot musiek het uiteindelik verflou weens die feit dat sy vader nie 'n loopbaan as pianis kon begin nie omdat hy daarop aangedring om die musiek van die modernistiese Joodse komponis Arnold Schoenberg te speel.[11]
In 1947, Op 18-jarige leeftyd, sluit Kundera aan by die Kommunistiese Party van Tsjeggo-Slowakye.[13] In 1984 het hy in herinnering geroep hoe "Kommunisme hom ewe veel as Strawinski, Picasso en Surrealisme betower en bekoor het."[14]
Hy het lesings bygewoon oor musiek en komposisie aan Karelsuniversiteit in Praag, maar kort daarna oorgeskuif na die Rolprent- en Televisieskool van die Akademie vir Uitvoerende Kunste in Praag (FAMU) om die rolprentwese te studeer.[15] In 1950 is uit die kommunistiese party geskop.[10] Nadat hy gegradueer het het die rolprentfakulteit Kundera in 1952 aangestel as dosent in wêreldliteratuur.[16] Na die Inval van die Warskoupakt in Tsjeggo-Slowakye in 1968 was hy sy werk kwyt by die rolprentfakulteit.[17] In 1956 het Kundera vir die eerste keer getrou. Sy vrou was die operettesangeres Olga Haas, dogter van sy dosent Pavel Haas en sy vrou Sonia Jakobson, 'n dokter van Russiese afkoms wat die eerste vrou was van Roman Jakobson.[18][19]
Politieke aktivisme en professionele loopbaan
Kundera se skorsing uit die Kommunistiese party is beskryf deur Jan Trefulka in his novelle, Pršelo jim štěstí, (Luck Rained on Them, 1962).[16] Kundera het die skorsing gebruik as inspirasie vir die hooftema van sy roman Žert (In Nederlands vertaal deur Jana Beranová as De grap en in Engels as The Joke in 1967),[16] waarin hy die gek skeer met die Kommunistiese Party.[17] In 1956 is Kundera weer toegelaat as partylid maar hy is egter in 1970 vir 'n tweede keer uitgeskop.[11][20] Kundera het deelgeneem aan die vierde kongres van die Tsjeggiese skrywersunie in Junie 1967, waar hy 'n indrukwekkende toespraak gehou het. [21] In die toespraak het hy gefokus op die Tsjeggiese poging om 'n mate van kulturele onafhanklikheid onder sy groter Europese bure te handhaaf.[21] Saam met ander hervormingsgesinde Kommunistiese skrywers soos Pavel Kohout, was hy periferaal betrokke by die Praagse Lente van 1968. Hierdie kort tydperk van hervormingsgesinde aktiwiteite is verpletter deur die Warskou-pakt se inval in Tsjeggo-Slowakye in Augustus 1968. Kundera het verbind gebly tot die hervorming van Tsjeggo-Slowaakse Kommunisme, en het heftig met sy mede-Tsjeggiese skrywer Václav Havel geargumenteer en in wese gesê dat almal kalm moet bly en dat "niemand nog vir sy opinies opgesluit word nie", en dat "die betekenis van die Praagse Herfs uiteindelik groter kan wees as dié van die Praagse Lente". In 1968, die jaar waarin sy boeke deur die Tsjeggiese regering verban is, het hy sy eerste reis na Parys onderneem, waar hy bevriend geraak het met die uitgewer Claude Gallimard.[11] Nadat hy na Praag teruggekeer het, is hy gereeld besoek deur Gallimard, wat Kundera aangemoedig het om na Frankryk te emigreer en ook die manuskrip vir die roman Het leven is elders (1973, vertaler: Jana Beranová) (In Engels uitgegee as Life Is Elsewhere) uit Tsjeggo-Slowakye gesmokkel het.[11] Uiteindelik het Kundera toegegee en in 1975 na Frankryk verhuis.[11] In 1979 is sy Tsjeggo-Slowaakse burgerskap herroep.[14] Hy het vir 'n paar jaar aan die Universiteit van Rennes doseer.[11][20] Na drie jaar het hy na Parys verhuis.[11]
Dvořáček-affêre
In Oktober 2008 vestig die historikus Adam Hradilek in die Tsjeggiese weekblad Respekt die aandag op 'n dokument uit die argiewe van die geheime polisie, waaruit dit wou voorkom asof die 20-jarige Kundera in 1950 'n 22-jarige antikommunistiese aktivis, Miroslav Dvořáček, by die polisie aangegee het. Dvořáček is gevolglik gevonnis tot 22 jaar tronkstraf, waarvan hy 14 jaar uitgedien het, deels in uraanmyne. Meerdere historici het die outentisiteit van die polisierapport onderskryf. Kundera het die bewerings egter tot en met sy dood ontken. Opvallend is in elk geval dat die nommer van Kundera se identiteitskaart sowel as sy handtekening in die verklaring ontbreek. Volgens 'n getuie uit die vyftigerjare, ene Zdeněk Pešat, was dit nie Kundera nie maar sy studiegenoot Ivan Dlask wat die verklaring gemaak het uit persoonlike wraakmotiewe.[22]
Werke
Alhoewel sy vroeë poëtiese werke sterk pro-kommunisties is,[23][24]is sy romans nie uitermate ideologies gekleur nie. Kundera het herhaaldelik daarop aangedring dat hy 'n romanskrywer eerder as 'n polities gemotiveerde skrywer was. Politieke kommentaar het feitlik uit sy romans verdwyn na die publikasie van De ondraaglijke lichtheid van het bestaan, behalwe in verband met breër filosofiese temas. Kundera se fiksiestyl, verweef met filosofiese afwykings, is grootliks geïnspireer deur die romans van Robert Musil en die filosofie van Nietzsche.[25]In 1945 het die tydskrif Gong sy vertaling van sommige van die werke van die Russiese digter Vladimir Majakovsky gepubliseer.[16] Die volgende jaar het die tydskrif Mladé archy 'n gedig van hom gepubliseer, waarvoor hy geïnspireer is deur sy neef Ludvík Kundera, ook 'n skrywer.[16]
In die middel-1950's is hy weer tot die Kommunistiese party toegelaat en kon hy die digbundel Člověk zahrada širá (Afr: Die Mensdom: 'n Groot Tuin) in 1953 publiseer. 'n Lang epiese gedig uit 1955 genaamd Poslední máj (Die Laaste Mei) is opgedra aan Julius Fucik, en die bundel liriese poësie getiteld Monoloë is in 1957 gepubliseer.[10] Hierdie werke, tesame met ander voor- en nawoorde, is geskryf in die styl van onbetwiste propaganda, wat hom toegelaat het om tot 'n sekere mate voordeel te trek uit die voordele wat gepaardgaan met die feit dat hy 'n gevestigde skrywer in 'n Kommunistiese omgewing was.[10] In 1962 het hy die toneelstuk Majitelé klíčů (Die sleuteleienaars) geskryf, wat internasionaal sukses behaal het en in verskeie tale vertaal is.[10] Kundera self het inspirasie geput uit Renaissanceskrywers soos Giovanni Boccaccio, Rabelais en, miskien die belangrikste, Miguel de Cervantes, aan wie se nalatenskap hy homself die meeste toegewy het. Ander invloede sluit in Laurence Sterne, Henry Fielding, Denis Diderot, Robert Musil, Witold Gombrowicz, Hermann Broch, Franz Kafka, Martin Heidegger en Georges Bataille.[26] Hy het oorspronklik in Tsjeggies geskryf, maar van 1985 af en vorentoe het hy 'n bewuste oorgang gemaak van Tsjeggies na Frans, wat uiteindelik sy taal van verwysing vir sy vertalings geword het. [10] Tussen 1985 en 1987 het hy self die Franse vertalings van sy vroeë werke hersien. Traagheid, sy eerste werk in Frans geskryf, is in 1995 gepubliseer.[27] Sy werk is wêreldwyd in meer as tagtig tale vertaal.[10]
Bibliografie
Hieronder volg 'n lys van werke met die Nederlandse en Engelse titels, sowel as die titels waaronder dit verskyn het in die oorspronklike Tsjeggiese, en later, Franse uitgawes.
- Člověk zahrada širá (poësiebundel) (1953)[10]
- Poslední máj (poësiebundel) (1955) – 'n viering van die joernalis Julius Fučík[10]
- Monology (Monoloë) (1957)[10]
- Majitelé klíčů (1962, drama)[10][28]
- De grap (Žert) (roman, 1967, in die Nederlands vertaal deur Jana Beranová) (Engelse titel: The Joke) .[17]
- Český úděl in Listy (Desember 1968)[29]
- Ptákovina (Drama, 1969)[28]
- Lachwekkende liefdes (Směšné lásky) (kortverhaalbundel, 1959-1968, vertaler, Jana Beranová) * (Engelse titel: Laughable Loves) (1969)[30]
- Afscheidswals (Valčík na rozloučenou) (roman, 1970, vertaler, Jana Beranová). Engelse titel: The Farewell Waltz (Die oorspronklike Engelse titel was The Farewell Party) (Franse titel: La Valse aux Adieux) (1972)
- Het leven is elders (Život je jinde) (roman, 1973, vertaler, Jana Beranová). Engelse titel: Life Is Elsewhere (1969)
- De dood zal me omhelzen bij de jasmijn (gedigte, 1976, vertaler, Jana Beranová)
- Het boek van de lach en de vergetelheid (Kniha smíchu a zapomnění) (roman, 1978, vertaler, Jana Beranová) (Engelse titel: The Book of Laughter and Forgetting) (1979)[10]
- Jacques en zijn meester (Jakub a jeho pán: Pocta Denisu Diderotovi) (dramatoneelstuk, 1981, vertaler, Ivo Gay) (Engelse titel: Jacques and His Master)[28] (1981)
- De ondraaglijke lichtheid van het bestaan (Nesnesitelná lehkost bytí) (roman, 1984, vertaler, Jana Beranová) (Engelse titel: The Unbearable Lightness of Being (1984)
- De kunst van de roman (essay, 1986; vertaler, Ernst van Altena) (Engelse titel: The Art of the Novel) (Frans: L'art du Roman) (1986)[31]
- Onsterfelijkheid (Nesmrtelnost) (roman, 1988, vertaler, Jana Beranová) (Engelse titel: Immortality) (1988)[32]
- D'en bas tu humeras les roses – rare boek in Frans, geïllustreer deur Ernest Breleur (1993)[31]
- Verraden testamenten (essay, 1993, vertaler, Piet Meeuse) (Engelse titel: Testaments Betrayed: An Essay in Nine Parts) (Franse titel: Les testaments trahis: essai) (1993)[31]
- Traagheid (roman, 1995, vertaler, Joop van Helmond, 2015, nuwe vertaling deur Martin de Haan) (Engelse titel: Slowness) (Franse titel: La Lenteur) (1995)[10]
- Identiteit (roman, 1997, vertaler, Martin de Haan) (Engelse titel: Identity) (Franse titel: L'Identité) (1998)
- Onwetendheid (roman, 2002, vertaler, Martin de Haan) (Engelse titel: Ignorance) (Franse titel: L'Ignorance) (2000)
- Het doek (essay, 2005, vertaler, Martin de Haan) (Engelse titel: The Curtain) (Franse titel: Le Rideau) (2005)[33]
- Het brute gebaar van de schilder (essay, 2006, vertaler, Martin de Haan)
- Een ontmoeting (essay, 2009, vertaler, Martin de Haan) (Engelse titel: Encounter: Essays (Franse titel: Une rencontre) (2009)[34]
- Over de romankunst (versamelde essays, besorg deur Martin de Haan)
- Het feest der onbeduidendheid (roman, 2014, vertaler, Martin de Haan) (Engelse titel: The Festival of Insignificance) (Franse titel: La fête de l'insignifiance) (2014)
- The Apologizer (2015)[35]
Verdere leesstof
- Leonidas Donskis. Yet Another Europe After 1984: Rethinking Milan Kundera and the Idea of Central Europe (Amsterdam Rodopi, 2012) 223 pp. ISBN 978-90-420-3543-0. online review
- Charles Sabatos. "Shifting Contexts: The Boundaries of Milan Kundera's Central Europe," in Contexts, Subtexts, and Pretexts: Literary Translation in Eastern Europe and Russia, red. Brian James Baer (Amsterdam: John Benjamins, 2011), pp. 19–31.
- Nicoletta Pireddu, "European Ulyssiads: Claudio Magris, Milan Kundera, Eric-Emmanuel Schmitt," in Comparative Literature, Spesiale uitgawe "Odyssey, Exile, Return" Red. deur Michelle Zerba en Adelaide Russo, 67 (3), September 2015: pp. 67–86.
Verwysings
- ↑ "Milan Kundera má po 40 letech opět české občanství – Novinky.cz". novinky.cz. 3 Desember 2019. Besoek op 3 Desember 2019.
- ↑ "Kundera rejects Czech 'informer' tag". BBC News. 13 Oktober 2008. Besoek op 13 Oktober 2008.
The Czech Republic's best-known author, Milan Kundera, has spoken to the media for the first time in 25 years ... .
- ↑ Crown, Sarah (13 Oktober 2005). "Nobel prize goes to Pinter". The Guardian. Londen. Besoek op 12 Mei 2010.
- ↑ "'Milan Kundera' coming to China". People's Daily. 25 Junie 2004. Besoek op 25 Junie 2004.
- ↑ W3bStudio (13 November 2021). "Pahor presents Golden Order of Merit to author Milan Kundera". Slovenia Times (in American English). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 April 2023. Besoek op 14 November 2021.
{{cite web}}: CS1 maint: numeric names: authors list (link) - ↑ Mareček, Luboš. "Legacy of Leoš Janáček". JAMU. Besoek op 13 Julie 2023.
- ↑ Webb, Kate (12 Julie 2023). "Milan Kundera doodsberig". The Guardian. Besoek op 13 Julie 2023.
- ↑ Kunderová, Milada. "Milada Kunderová". Encyklopedie dějin města Brna. Besoek op 13 Julie 2023.
- ↑ "Ludvík Kundera". JAMU. Besoek op 13 Julie 2023.
- 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 Boyer-Weinmann, Martine (12 Julie 2023). "Milan Kundera, existential novelist, has died". Le Monde (in Engels). Besoek op 14 Julie 2023.
- 1 2 3 4 5 6 7 8 (in Frans) Clavel, André, ""L'intransigeant amoureux de la France"" L'Express, 3 April 2003
- ↑ Ivry, Benjamin (13 Julie 2023). "How Milan Kundera embodied the Jewish spirit". The Forward (in Engels). Besoek op 15 Julie 2023.
- ↑ Sanders, Ivan (1991). p. 103
- 1 2 Duffield, Charlie (12 Julie 2023). "What did Milan Kundera write? Author dies aged 94". Evening Standard. Besoek op 13 Julie 2023.
- ↑ Rüdenauer, Ulrich (12 Julie 2023). "Vom Lachen und Vergessen". Die Zeit. Besoek op 16 Julie 2023.
- 1 2 3 4 5 Culík, Jan. "Milan Kundera (1929-)". Gale. Besoek op 13 Julie 2023.
- 1 2 3 Kimball, Roger (1986). "Milan Kundera". The Wilson Quarterly. 10 (3). The New Criterion: 34. ISSN 0363-3276. JSTOR 45266182.
- ↑ "Milan Kundera". Encyclopedia of the City of Brno. Brno. Besoek op 5 Januarie 2024.
- ↑ "Olga Haasová-Smrčková, niece of Hugo Haas and first wife of Milan Kundera, has died". IDNES.cz (in Tsjeggies). 13 Desember 2022. Besoek op 5 Januarie 2024.
- 1 2 (in Engels) Kramer, Jane, "When there is no word for 'home', The New York Times, 29 April 1984
- 1 2 Sabatos, Charles (2008). "Criticism and Destiny: Kundera and Havel on the Legacy of 1968". Europe-Asia Studies. 60 (10): 1829–1830. doi:10.1080/09668130802434711. ISSN 0966-8136. JSTOR 20451662. S2CID 154092932.
- ↑ (en) Praguemonitor.com[dooie skakel]
- ↑ "Man, a wide garden: Milan Kundera as a young Stalinist – Enlighten". University of Glasgow. 12 April 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 April 2023. Besoek op 19 November 2013.
- ↑ Jan Culik (Januarie 2007). "Man, a wide garden: Milan Kundera as a young Stalinist" (PDF). University of Glasgow. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2022. Besoek op 19 November 2013.
- ↑ "Kundera Milan: The Unbearable Lightness of Being". Webster.edu. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 November 2013. Besoek op 19 November 2013.
- ↑ Škop, Martin (2011). Milan Kundera and Franz Kafka – How not to Forget the Everydayness. Masaryk University.
- ↑ Jones, Tim (2009). "Milan Kundera's Slowness – Making It Slow". Review of European Studies. 1 (2): 64. doi:10.5539/RES.V1N2P64. S2CID 53477512.
- 1 2 3 Jungmannova, Lenka (2024). "Unsigned play by Milan Kundera? An authorship attribution study". Digital Scholarship in the Humanities. 39: 191–197. arXiv:2212.09879. doi:10.1093/llc/fqad109.
- ↑ Sabatos, Charles (2008). p.1831
- ↑ Iggers, Wilma (1976). "Review of Laughable Loves; The Guinea Pigs". The Slavic and East European Journal. 20 (2): 200–202. doi:10.2307/305836. ISSN 0037-6752. JSTOR 305836.
- 1 2 3 Bibliothèque Nationale de France (Junie 2012). "Milan Kundera, lauréat 2012 du prix de la BNF" (PDF). bnf.fr. Besoek op 15 Julie 2023.
- ↑ "The New York Times: Book Review Search Article". The New York Times. Besoek op 16 Julie 2023.
- ↑ Banks, Russell (4 Maart 2007). "Reading With Kundera". The New York Times. Besoek op 15 Julie 2023.
- ↑ Dyer, Geoff (22 Augustus 2010). "Encounter: Essays by Milan Kundera". The Guardian / The Observer. Besoek op 15 Julie 2023.
- ↑ Kundera, Milan (4 Mei 2015). "The Apologizer". The New Yorker. Vol. 91, no. 11. (trans) Linda Asher. pp. 56–64. Besoek op 2 Julie 2015.