Michigan (Engels: State of Michigan) is 'n deelstaat van die Verenigde State van Amerika. Dit bestaan uit twee skiereilande: Die Opper-Skiereiland (Engels: Upper Peninsula of UP) en die Neder-Skiereiland (Engels: Lower Peninsula).
Die Opper-Skiereiland word in die noorde deur die Bowemeer, in die suide deur die Michiganmeer, en in die weste deur die deelstaat Wisconsin begrens. Neder-Skiereiland word in die ooste deur die Huronmeer, Kanada (Ontario), die Saint Clairmeer en die Eriemeer, in die suide deur Ohio en Indiana, en in die weste deur die Michiganmeer begrens. Die Straat van Mackinac lê tussen Opper- en Neder-Skiereiland.
Lansing is die hoofstad en die grootste stad is Detroit. Michigan het 'n bevolking van omtrent 9,9 miljoen en 'n oppervlakte van 253 793 vierkante kilometer. Dit is die 26ste deelstaat wat tot die Unie toegelaat is.
Michigan se byname is The Great Lakes State, The Wolverine (veelvraat) State, The Automotive State, en Water-Winter Wonderland. Die naam Michigan kom van die Ojibwe woord mishigami, wat 'groot water' of 'groot meer' beteken.









Porcupine Mountains Wilderness State Park



Eksterne skakels
- Toerisme
- Geskiedenis
| Verenigde State van Amerika | ||||||||||||
|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
| ||||||||||||