Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Marathi's.
Die woord "Marāṭhī" in Devanagari-skrif

Marathi (मराठी, Marāṭhī, [məˈɾaʈʰi], ) is 'n Indo-Ariese taal wat deur sowat 95,3 miljoen mense, veral Marathi's, in Suidwes-Indië gepraat word, veral in die deelstaat Maharashtra. Marathi is een van die amptelike tale van Indië naas Engels en Hindi. Marathi word in Devanagari geskryf, 'n Brahmi-skrif uit die Indiese skriffamilie. Konkani is nou verwant aan Marathi en word soms as 'n dialek van dié taal beskou. Ander verwante tale sluit in Dhivehi op die Maledive en Singalees op Sri Lanka.

Sien ook

Verwysings

  1. "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Marathi" (in Engels). Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Mei 2020. Besoek op 9 Augustus 2019.
  2. (en) "The Constitution of India" (PDF). Regering van Indië, Departement van Reg en Justisie. 1 Desember 2007 [1950]. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 9 September 2014.

Eksterne skakels

Wikipedia
Wikipedia
Sien gerus Wikipedia se uitgawe in Marathi