Jacques René Chirac (29 November 193226 September 2019) was 'n Franse staatsman wat in die tydperk tussen 17 Mei 1995 en 16 Mei 2007 die amp van die Staatspresident van die Franse Republiek beklee het.[1]

Chirac was 'n lid van die gaullisties-konserwatiewe party Rassemblement pour la République ("Rally vir die Republiek") en Union pour un mouvement populaire ("Volksbewegingsunie", oorspronklik: Union pour la majorité présidentielle).

Chirac studeer aan 'n aantal leidende Franse universiteite (onder meer die ENA) en doen sy diensplig in Algerië. In 1967 word hy vir die eerste keer as 'n lid van die parlement verkies.

In die jare sestig en sewentig was Chirac 'n medewerker van die presidente Georges Pompidou en Valéry Giscard d'Estaing. In die tydperk van 1974 tot 1976 en daarna ook van 1986 tot 1988 is hy Eerste Minister van Frankryk. Chirac was ook van 1977 tot 1995 burgemeester van Parys.

Verwysings

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8

Eksterne skakels