Die Falkland-eilande (Engels: Falkland Islands, Spaans: Islas Malvinas) is 'n groep eilande in die suide van die Atlantiese Oseaan. Die eilande het 'n bevolking van sowat drieduisend mense en die hoofstad, Stanley, het meer as tweeduisend inwoners. Ongeveer nege uit tien inwoners woon in Stanley.[6] Die Falkland-eilande lê suidoostelik van Suid-Amerika en word sedert 1833 deur Argentinië opgeëis. As 'n Britse oorsese gebied geniet die Falkland-eilande interne selfbestuur, maar die Verenigde Koninkryk neem verantwoordelikheid vir hul verdediging en buitelandse sake.

Geskiedenis

Kaart van die Falkland-eilande
Lande, wat Argentinië se eis van soewereiniteit oor die Falkland-eilande, Suid-Georgië en die Suidelike Sandwicheilande steun
Lande, wat die Verenigde Koninkryk se eis van soewereiniteit oor die Falkland-eilande, Suid-Georgië en die Suidelike Sandwicheilande steun

Die Falkland-eilande ontleen hul naam aan Falkland Sound, die naam wat kaptein John Strong in 1690 aan die waterweg tussen Oos- en Wes-Falkland toegeken het, toe sy skip Welfare etlike dae hier deurgebring het. Falkland Sound is weer genoem na Viscount Falkland, een van Welfare se eienaars. Die algemene Spaanse naam vir die argipel, Islas Malvinas, is afgelei van die Franse Îles Malouines, die naam wat die Franse ontdekkingsreisiger Louis-Antoine de Bougainville in 1764 aan die eilande gegee het.

Tydens die Eerste Wêreldoorlog het die Slag van die Falkland-eilande op 8 Desember 1914 suidoos van die eilande plaasgevind.

Argentinië beset die eilande in 1982 en is deur die Verenigde Koninkryk verslaan in die Falklandoorlog.[7][8]

Die eilande is 'n oorsese gebied van die Verenigde Koninkryk,[9] met 'n Grondwet wat in 1985 aanvaar is, en gewysig is in 2009. Die wet beskerm die reg op selfbeskikking van die land se mense.[10]

Op 12 Junie 2012 het die Falkland-eilande se regering aangekondig dat 'n referendum oor die politieke status van die eilande in die eerste halfjaar van 2013 gehou sal word.[11] In 'n twee dae lange referendum tussen 10 en 11 Maart 2013 oor die territoriale status van die Falkland-eilande, was die stempersentasie 92%. Hiervan was 99,8 % ten gunste van die territoriale status quo as 'n Britse oorsese gebied, maar Argentinië het die referendum reeds vooraf verwerp.[12]

Verwysings

  1. (en) "2016 Census Report". Policy and Economic Development Unit, Falkland Islands Government. 2017. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 24 Januarie 2018.
  2. (en) "State of the Falkland Islands Economy" (PDF). Maart 2015. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 9 April 2016. Besoek op 8 Januarie 2017.
  3. Avakov 2013, p. 47.
  4. Avakov 2013, p. 54.
  5. (en) "Falkland Islands will remain on summer time throughout 2011". MercoPress. 31 Maart 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 April 2020. Besoek op 21 Augustus 2014.
  6. (en) CIA World Factbook 2010 Geargiveer 29 Januarie 2010 op Wayback Machine
  7. (en) Duncan Anderson (2002). The Falklands War 1982. Oxford. ISBN 978-1-84176-422-1. {{cite book}}: |work= ignored (hulp)
  8. (en) D.W. Greig (1983). Sovereignty and the Falkland Islands Crisis (PDF) (8 uitg.). pp. 20–70. {{cite book}}: |work= ignored (hulp)
  9. (en) L.L. Ivanov et al. The Future of the Falkland Islands and Its People. Sofia: Manfred Wörner Foundation, 2003. 96 bl. ISBN 954-91503-1-3
  10. (en) "Chapter 1 of the Falkland Islands Constitution. 5 November 2008 (came into force on 1 January 2009)". UK Office of Public Sector Information.
  11. (en) "Falkland Islands to hold referendum on sovereignty". BBC. 12 Junie 2012. Besoek op 27 Januarie 2023.
  12. (en) "Falklands: Cameron says Argentina should respect vote". BBC. 12 Maart 2013. Besoek op 27 Januarie 2023.

Bronnelys

Algemeen

Eksterne skakels

Vlag van die Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk Wapen van die Verenigde Koninkryk
LandeEngelandSkotlandWallisNoord-Ierland
Oorsese gebiedeAnguillaBermudaBrits-Antarktiese GebiedBritse Indiese OseaangebiedBritse Maagde-eilandeFalkland-eilandeGibraltarKaaimanseilandeMontserratPitcairneilandeSint Helena, Ascension en Tristan da CunhaSuid-Georgië en die Suidelike SandwicheilandeTurks- en Caicoseilande
KroongebiedeEiland ManGuernseyJersey
Sowereine militêre basisseAkrotiri en Dhekelië