Rudolph Philippus Bekker (15 Desember 1926, Dordrecht - 17 Junie 2012, Pretoria) is 'n Springbokrugbyspeler wat Suid-Afrika in twee toetse verteenwoordig het. Bekker se broers en hul suster het Suid-Afrika almal op die sportveld verteenwoordig; Jaap en Martiens Bekker het soos Dolf vir die Springbokke uitgedraf.

Op sy beurt het Daan Bekker as bokser by die Olimpiese Spele in 1956 in Melbourne ’n bronsmedalje in die swaargewig-afdeling gewen en dit in 1960 in Rome met ’n silwermedalje opgevolg. Hul suster, Corrie Lategan, het Suid-Afrika op die atletiekbaan in diskusgooi en gewigstoot verteenwoordig.

Bron

  • Nóg een van oudste Bokke dood Beeld 18 Junie 2012

Eksterne skakels