Changsha (Chinees: 长沙) is 'n stad in die Chinese provinsie Hunan met 'n bevolking van 7 044 118 in 2010. Die stad is geleë in die suidweste van China. Tussen 1912 en 1918 het Mao Zedong in Changsha gewoon en kommunisme aangeneem. Tydens die Tweede Chinees-Japannese Oorlog is groot dele van die stad vernietig en eers ná die stigting van die Volksrepubliek China herbou.