Die Chagos-argipel (/ˈtʃɑːɡoʊs/ of /ˈtʃɑːɡəs/; Engels: Chagos Archipelago, voorheen: Bassas de Chagas[1] en later ook Oil Islands, bekend as Foalhavahi (ފޯޅަވަހި) in Dhivehi, as Phehandweep (फेहंद्वीप) in Hindi en ander Noord-Indiese tale en as as Paeikaana Theevukal (பேகான தீவுகள்) in Tamil) is 'n argipel in die noord-sentraale Indiese Oseaan, wat uit 7 atolle bestaan. Die argipel lê 500 kilometer suid van die Maledive en sowat 1 900 kilometer oos van die Seychelle.

Kaart van die Chagos-argipel.

Die Chagos-argipel is 'n belangrike strategiese punt en is onder militere beheer van die Verenigde Koninkryk en die Verenigde State. Die argipel het 'n bevolking van 4 000 (net soldate en burgerlike gekontrakteerde personeel) in 2010 gehad en het 'n oppervlakte van 63,17 km². Die hoofstad en grootste stad is Diego Garcia, wat asook die hoofeiland en enigste bewoonde atol is. Die Chagos-argipel vorm die laaste Britse oorsese gebied, die Britse Indiese Oseaangebied, in die Indiese Oseaan en is 'n belangrike vloot- en lugmagbasis.

Omstrede gebied

Die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering het in 2017 besluit om die Internasionale Geregshof in Den Haag se mening te vraag oor die wettigheid van die Chagos-argipel se status. In die koloniale tyd was dit onderdeel van die Britse kolonie Mauritius, maar die Verenigde Koninkryk het dit afgeplits en behou, die bevolking van Diego Garcia gedwing om die eiland te verlaat en dit aan die Verenigde State verhuur. Mauritius eis die gebied op. Die stemming in die Algemene Vergadering het 94 stemme ten gunste van Mauritius se eise, 65 onthoudings en slegs 15 teen opgelewer. Suid-Afrika het toegestem, die meeste ander lede van die Europese Unie het hulle van stemming onthou.[2][3]

In 2025 het Brittanje 'n ooreenkoms onderteken om die Chagos-argipel aan Mauritius terug te gee, terwyl die Britte die militêre basis vir 99 mag gebruik. Die ooreenkoms kan vir nog 40 jaar na die aanvanklike tydperk verleng word en vir 'n bykomende tydperk daarna.[4]

Atol/Rif/Bank
(alternatiewe naam)
typeOppervlakte (km²)Aantal
eilande
Ligging
LandTotaal
0naamlose bankoorstroomde bank304°25′S 72°36′O / 4.417°S 72.600°O / -4.417; 72.600
1Colvocoresses Reefoorstroomde atol1004°54′S 72°37′O / 4.900°S 72.617°O / -4.900; 72.617 (Colvocoresses Reef)
2Speakers Bankonoorgroei atol>05821)04°55′S 72°20′O / 4.917°S 72.333°O / -4.917; 72.333 (Speakers Bank)
3Blenheim Reef (Baixo Predassa)onoorgroei atol0,0237405°12′S 72°28′O / 5.200°S 72.467°O / -5.200; 72.467 (Blenheim Reef)
4Benares Shoalsoorstroomde rif205°15′S 71°40′O / 5.250°S 71.667°O / -5.250; 71.667 (Benares Shoals)
5Peros Banhosatol135033205°20′S 71°51′O / 5.333°S 71.850°O / -5.333; 71.850 (Peros Banhos)
6Salomon Islandsatol5361105°22′S 72°13′O / 5.367°S 72.217°O / -5.367; 72.217 (Salomon Islands)
7Victory Bankoorstroomde atol2105°32′S 72°14′O / 5.533°S 72.233°O / -5.533; 72.233 (Victory Bank)
8aNelsons IslandDele van die mega-atol
Great Chagos Bank
0,8112642105°40′53″S 72°18′39″O / 5.68139°S 72.31083°O / -5.68139; 72.31083 (Nelson Island)
8bThree Brothers (Trois Frères)0,37306°09′S 71°31′O / 6.150°S 71.517°O / -6.150; 71.517 (Three Brothers)
8cEagle Islands2,63206°12′S 71°19′O / 6.200°S 71.317°O / -6.200; 71.317 (Eagle Islands)
8dDanger Island0,66106°23′00″S 71°14′20″O / 6.38333°S 71.23889°O / -6.38333; 71.23889 (Danger Island)
9Egmont Islandsatol42976°40′S 71°21′O / 6.667°S 71.350°O / -6.667; 71.350 (Egmont Islands)
10Cauvin Bankoorstroomde atol1206°46′S 72°22′O / 6.767°S 72.367°O / -6.767; 72.367 (Cauvin Bank)
11Owen Bankoorstroomde bank406°48′S 70°14′O / 6.800°S 70.233°O / -6.800; 70.233 (Owen Bank)
12Pitt Bankoorstroomde atol131707°04′S 72°31′O / 7.067°S 72.517°O / -7.067; 72.517 (Pitt Bank)
13Diego Garciaatol3017442)07°19′S 72°25′O / 7.317°S 72.417°O / -7.317; 72.417 (Diego Garcia)
14Ganges Bankoorstroomde atol3007°23′S 70°58′O / 7.383°S 70.967°O / -7.383; 70.967 (Ganges Bank)
15Wight Bank307°25′S 71°31′O / 7.417°S 71.517°O / -7.417; 71.517 (Wight Bank)
16Centurion Bank2507°39′S 70°50′O / 7.650°S 70.833°O / -7.650; 70.833 (Centurion Bank)
Chagos-argipelArgipel63,17154276404°54' tot 07°39'S
70°14' tot 72°37' O
1) 'n aantal droog sand kaaien
2) hoofeiland en drie eilandjies in die noordelike einde

Verwysings

  1. (en) "Track of the Calcutta East Indiaman, over the Bassas de Chagas in the Indian Ocean". Catalogue.nla.gov.au. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Junie 2018. Besoek op 21 Junie 2012.
  2. (en) Sengupta, Somini (22 Junie 2017). "U.N. Asks International Court to Weigh In on Britain-Mauritius Dispute". The New York Times. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Desember 2019. Besoek op 23 Junie 2017.
  3. (en) "Chagos legal status sent to international court by UN". BBC. 22 Junie 2017. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 April 2020. Besoek op 23 Junie 2017.
  4. (en) Annabelle Dickson (26 Junie 2025). "UK warned of threat from China when Chagos deal expires". Politico. Besoek op 27 Junie 2025.

Eksterne skakels