Cebuano (Sugbuanon, Bisayâ, Bisayâng Sugbuanon, Sinugbuanong Binisayâ of Sinibwano; [sɛˈbwɑːnoʊ]) is na Tagalog (met Filippyns as amptelike taal) die tweede belangrikste taal van die Filippyne. Die taal word veral in die suide van die Filippyne gepraat, spesifiek op die eiland Mindanao en die Visayas. Die naam is afgelei van die eiland met die naam Cebu.
Taalkundiges klassifiseer Cebuano as 'n Maleis-Polinesiese taal wat nou verwant aan Tagalog is. Dit is ietwat minder verwant aan Indonesies en Maleis en het daarnaas nog 'n los verbintenis met Malgassies in Madagaskar.
Sien ook
Verwysings
- ↑ "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Cebuano" (in Engels). Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 April 2020. Besoek op 12 Januarie 2018.
Eksterne skakels
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Cebuano.- (en) "Cebuano language". Encyclopædia Britannica. Besoek op 12 Januarie 2018.
