Gebeure
1 Januarie – Bulgarye en Roemenië verlaat die Sentraal-Europese Vryehandelsooreenkoms en word lidstate van die Europese Unie en die Euro word ingelei in Slowenië . Albanië , Bosnië en Herzegowina , Kosovo , Moldowa , Montenegro en Serwië sluit by die Sentraal-Europese Vryehandelsooreenkoms aan.
30 Januarie – ’n Omroeper by SAFM, John Perlman, bedank nadat hy politieke sensorskap by die SAUK onthul het.
14 Februarie – Die Valentynsdag -blizzard in die noordooste van die Verenigde State met die swaarste sneeuvalle in sowat vier dekades eis dertien menselewens.
13 Maart –28 April – Die 9de Krieketwêreldbeker word in Wes-Indië aangebied en deur Australië gewen.
21 Maart – Op die internasionale dag teen rassisme van die Verenigde Nasies het die Vlaamse swart politikus Wouter Van Bellingen 626 paartjies in die eg verbind.
6 Mei – Helen Zille , burgemeester van Kaapstad , word met ’n meerderheid van 73% verkies tot leier van die DA .
17 Mei – Hemelvaartsdag .
24 Mei – Sandra Botha word verkies tot parlementsleier van die DA.
30 Mei – Anthe , Saturnus se 60ste natuurlike satelliet , word ontdek danksy foto's deur die Cassini-Huygens-ruimtetuig.
1 Junie – In Suid-Afrika het 'n 27 dae lange staatsdiensstaking begin, die grootste staking sedert die demokratiese verkiesing in 1994.
28 Junie – Sydney-operahuis word 'n Unesco -wêrelderfenisgebied .
15 Augustus – Pous Benedictus XVI verklaar dat daar geen beswaar ("nihil ostare") is teen die begin van die saligverklaringsproses vir Pous Pius VII nie.
7 September –20 Oktober – Die 6de Rugbywêreldbeker word in Frankryk aangebied en deur Suid-Afrika gewen.
10 –30 September – Die 5de Vrouesokkerwêreldbeker word in die Volksrepubliek China aangebied en deur Duitsland gewen.
11 –24 September – Die 1ste T20I-wêreldbeker word in Suid-Afrika aangebied en deur Indië gewen.
28 Oktober – Cristina Fernández de Kirchner word as die 55ste staatspresident van Argentinië – en tweede vrou na Isabel Perón wat hierdie amp beklee – verkies. Sy volg haar man Néstor as staatshoof op.
21 November – 'n Oryx-helikopter van die Suid-Afrikaanse Polisiediens verongeluk naby Wepener ; altesame 14 mense sterf.
18 Desember – Jacob Zuma onttroon Thabo Mbeki as president van die ANC. Nie een van Mbeki se vertrouelinge word tot die ses topposte van die party verkies nie.
28 Desember – Jacob Zuma word amptelik aangekla; o.a. van bedrog, korrupsie, omkopery en swendelary.
Sterftes
4 Januarie – Marais Viljoen , Suid-Afrikaanse politikus en vyfde Staatspresident van Suid-Afrika (1979–1984) (* 1915 ).
7 Januarie − Magnus Magnusson , Yslandse joernalis, vertaler, skrywer en televisie-aanbieder (* 1929 ).
26 Januarie – David Rattray , Suid-Afrikaanse geskiedkundige (* 1958 ).
8 Februarie – Anna Nicole Smith , Amerikaanse model en aktrise (* 1967 ).
17 Februarie – Jurga Ivanauskaitė , Litause skryfster, essayis, toneelskryfster, skilderes en digteres (* 1961 ).
6 Maart – Jean Baudrillard , Franse sosioloog, kultuurkritikus en filosoof (* 1929 ).
8 Maart – Herman Ridderbos , Nederlandse dominee en teoloog (* 1909 ).
14 Maart – Gareth Hunt , Britse akteur (* 1942 ).
15 Maart – Fons de Haas , Nederlandse joernalis (* 1926 ).
17 Maart – Valère Vautmans , Belgiese politikus (* 1944 ).
18 Maart – Bob Woolmer , Engelse krieketspeler en -afrigter (* 1948 ).
20 Maart – Albert Baez , Mexikaans-Amerikaanse fisikus en die vader van die sangeresse Joan Baez en Mimi Fariña (* 1912 ).
24 Maart – Florentine Rost van Tonningen , voorstander van die Nasionaal Sosialistiese Beweging (NSB) in Nederland (* 1914 ).
31 Maart – Ds. Vidius Nel , predikant in die Nederduitse Gereformeerde Kerk (* 1924 ).
11 April – Kurt Vonnegut , Amerikaanse skrywer (* 1922 ).
11 April – Roscoe Lee Browne , Amerikaanse akteur (* 1925 )
16 April – Hannah Botha , Afrikaanse aktrise (* 1923 ).
23 April – Boris Jeltsin , 1ste president van die Russiese Federasie (* 1931 ).
27 April – Mstislav Rostropovich , Russiese musikus (* 1927 ).
30 April – Grégory Lemarchal , Franse sanger (* 1983 ).
1 Mei – Emgee Pretorius , Afrikaanse akteur (* 1923 ).
3 Mei – Walter M. Schirra , Amerikaanse ruimtevaarder (* 1923).
8 Junie – Richard Rorty , Amerikaanse filosoof (* 1931).
17 Junie − Gianfranco Ferré , Italiaanse modeontwerper en entrepreneur (* 1944 ).
29 Junie – Prof. Hennie Bingle , rektor van die PU vir CHO van 1964 tot 1977 (* 1910 ).
11 Julie – Bill Flynn , Suid-Afrikaanse akteur (* 1948 ).
20 Julie – Tammy Faye Messner , Amerikaanse aktrise (* 1942 ).
23 Julie – Ernst Otto Fischer , Duitse chemikus en Nobelprys wenner (* 1918 ).
30 Julie – Ingmar Bergman , Sweedse teater- en rolprentregisseur (* 1918 ).
1 Augustus – Ryan Cox , Suid-Afrikaanse fietsryer (* 1979 ).
16 Augustus – Max Roach , Amerikaanse jazztromspeler en -komponis (* 1924 ).
6 September – Luciano Pavarotti , Italiaanse tenoor (* 1935 ).
21 September – Alice Ghostley , Amerikaanse aktrise (* 1923 ).
23 September – Dr. Jan van Elfen , skrywer van mediese boeke onder andere Dokter in die huis (* 1929 ).
28 September – Charles B. Griffith , Amerikaanse draaiboekskrywer (* 1930 ).
17 Oktober – Joey Bishop , Amerikaanse akteur (* 1918 ).
19 Oktober – Jan Hendrik Wolkers , Nederlandse skrywer, beeldhouer en skilder (* 1925 ).
25 Oktober – Patrick Mynhardt , Suid-Afrikaanse film- en teaterakteur (* 1932 ).
12 November – Piet Koornhof , Suid-Afrikaanse politikus en kabinetsminister (* 1925 ).
16 November – Elize Botha , Suid-Afrikaanse akademikus (* 1930 ).
20 November – Ian Smith , Rhodesiese eerste minister (* 1919 ).
22 November – Maurice Béjart , Franse choreograaf (* 1927 ).
30 November – Evel Knievel , Amerikaanse waaghals en vermaakkunstenaar (* 1938 ).
1 Desember – Elisabeth Eybers , Afrikaanse digteres en ontvanger van die Hertzogprys (* 1915 ).
26 Desember – Willie Marais , leier van die Herstigte Nasionale Party sedert 2001 (* 1928 ).
27 Desember – Benazir Bhutto , Pakistanse politikus (* 1953 ).