Geboortes
8 Januarie – William Hartnell , Britse akteur († 1975 ).
9 Januarie – Simone de Beauvoir , Franse feministiese skryfster († 1986 ).
15 Januarie – Edward Teller , Hongaars-Amerikaanse teoretiese fisikus wat bekend is as Die vader van die waterstofbom († 2003 ).
4 Maart – James Norval , Suid-Afrikaanse teater- en filmakteur († 1970 ).
5 Maart – Rex Harrison , Britse verhoog- en rolprentakteur († 1990 ).
13 Maart – Walter Annenberg , Amerikaanse uitgewer, filantroop en diplomaat († 2002 ).
22 Maart – Louis L'Amour , Amerikaanse skrywer († 1988 ).
5 April – Herbert von Karajan , Oostenrykse dirigent († 1989 ).
5 April – Bette Davis , Amerikaanse aktrise († 1989 ).
15 April – Lita Grey , Amerikaanse aktrise († 1995 ).
27 April – Arthur Bleksley , Suid-Afrikaanse wetenskaplike († 1984 ).
24 April – Józef Gosławski , Poolse beeldhouer en medaljeur († 1963 ).
30 April – Eve Arden , Amerikaanse aktrise († 1990 ).
20 Mei – James Stewart , Amerikaanse akteur († 1997 )
20 Mei – Bernard Glemser , skrywer van fiksie-, niefiksie- en kinderboeke († 1990 ).
31 Mei – Don Ameche , Amerikaanse akteur († 1993 ).
12 Junie – Otto Skorzeny , Duitse Waffen-SS spesiale operasies kenner († 1975 ).
26 Junie – Salvador Allende , Chileense president († 1973 ).
2 Julie – Helga Uys , Duits-gebore konsertpianis, moeder van Pieter-Dirk Uys († 1969 ).
10 Julie – Wally Hayward , vyfkeer die wenner van die Comrades-maraton († 2006 ).
10 Julie – Håkon Solem , Noorse matroos en deelnemer aan die Olimpiese Somerspele 1948 († 1993 ).
12 Julie – Milton Berle , Amerikaanse akteur, komediant († 2002 ).
13 Julie – Garfield Todd , 'n eerste minister van Suid-Rhodesië († 2002 ).
18 Julie – Lupe Vélez , Amerikaanse aktrise († 1944 ).
11 Augustus − Paolo Monti , Italiaanse fotograaf († 1982 ).
22 Augustus − Henri Cartier-Bresson , Franse fotograaf († 2004 ).
27 Augustus – Lyndon B. Johnson , 36ste President van die Verenigde State († 1973 ).
27 Augustus – Sir Donald Bradman , Australiese krieketspeler († 2001 ).
4 September – Ds. Thomas Duncan Moodie , leraar in die Nederduitse Gereformeerde Kerk , onder meer op Melsetter , die dorp wat sy grootvader gestig het († 1978 ).
7 September – Michael DeBakey, bekende hartchirurg wat die hartvatomleidingchirurgie uitgevind en ontwikkel het († 2008 ).
1 Oktober – Albert Wessels , Suid-Afrikaanse nyweraar en die stigter van Toyota Suid-Afrika († 1991 ).
6 Oktober – Carole Lombard , Amerikaanse aktrise († 1942 ).
12 Oktober – Arthur Space , Amerikaanse akteur († 1983 ).
28 Oktober – Harry Oppenheimer , Suid-Afrikaanse mynmagnaat († 2000 ).
7 November – Frank Waring , Suid-Afrikaanse politikus († 2000).
21 November – Hettie Smit , skuilnaam van mev. S.J. van Vuuren, Afrikaanse skryfster († 1973 )
10 Desember – Olivier Messiaen , Franse komponis († 1992 ).
3 Desember – Dulcie Howes , Suid-Afrikaanse ballerina en balletpionier († 1993 ).
17 Desember – William Wordsworth , Britse komponis en nasaat van die broer van die bekende Engelse digter William Wordsworth († 1988 ).
Sterftes
9 Januarie – Wilhelm Busch , Duitse digter (* 1832 ).
10 April – Willem Petrus de Villiers , predikant in die NG Kerk , lid van die Kaapse Wetgewende Vergadering, kampvegter vir Christelike Nasionale Onderwys en taalstryder (* 1843 ).
21 Junie – Nikolai Rimsky-Korsakov, komponis.
24 Junie – Grover Cleveland , die 22ste en 24ste President van die Verenigde State (* 1837 ).
5 Julie – Jonas Lie , skrywer van Noorweë (* 1833 ).
27 Julie – Paul Homeyer , Duitse orrelis (* 1853 ).
25 Augustus – Jan Hendrik Hofmeyr , Suid-Afrikaanse teoloog en predikant (* 1835 )
17 September – Thomas Selfridge , eerste persoon wat gesterf het in 'n ongeluk met 'n kragaangedrewe vliegtuig (* 1882 ).
14 November – Groothertog Aleksei Aleksandrowitsj van Rusland , die vyfde kind en vierde oudste seun van Aleksander II van Rusland en sy eerste vrou, Maria Aleksandrowna (* 1850 ).
15 November – Keiserin-weduwee en regentes Cixi , Qing-dinastie regentes van 1861 tot haar dood. (* 1835 ).