Gebeure
Die gerestoureerde Panatheense stadion in Athene , waar die Olimpiese Somerspele 1896 gehou is.
2 Januarie – Oorgawe van Leander Starr Jameson na die Jameson-inval .
4 Januarie – Utah word die 45ste deelstaat van die Verenigde State van Amerika .
5 Januarie – Wilhelm Röntgen ontdek 'n vorm van elektromagnetiese bestraling wat later bekend staan as X-strale .
12 Januarie – Cecil John Rhodes tree uit as Eerste Minister ná 'n skandaal oor die Jameson-inval in Transvaal deur sy vriend, Dr. Leander Starr Jameson.
1 Februarie – Die opera La bohème open vir die eerste keer; in Turyn .
11 Februarie – Oscar Wilde se drama Salomé open vir die eerste keer; in Parys .
19 Februarie – Die Braamfonteinse dinamiet -ontploffing naby Johannesburg se middestad eis tientalle lewens en lê talle geboue in puin, onder meer die eerste kerkgebou van die NG gemeente Fordsburg . Ds. Abraham Kriel het ná die eerste begrafnis van 127 slagoffers "soos 'n kind gesnik".
1 Maart – Ethiopië wen die beslissende Slag van Adoea oor Italië wat die Eerste Italo-Abessiniese Oorlog tot ’n einde bring.
22 Maart – Ons Kleintji , die eerste Afrikaanse tydskrif, verskyn vir die eerste maal.
6 April – Die eerste moderne Olimpiese Somerspele word deur die Griekse koning George I in Athene geopen.
30 Mei – Die Chodinka-tragedie vind plaas buite Moskou .
4 Junie – Die Ford Quadricycle , die eerste Fordvoertuig ooit, word deur Henry Ford voltooi.
16 Junie – Die Drummond Castle vergaan aan die Franse kus.
11 Julie – Wilfrid Laurier word die sewende Eerste Minister van Kanada .
27 Augustus – Die kortste oorlog in opgetekende geskiedenis, die Anglo-Zanzibar-oorlog , begin nege-uur die oggend en eindig vyf-en-veertig minute later.
22 September – Koningin Victoria word die langsheersende monarg in Britse geskiedenis.
14 Desember – Die Glasgow-moltrein , die derde oudste moltreinstelsel ter wêreld, word in Glasgow , Skotland , in gebruik geneem.
Geboortes
19 Januarie – Frans Erasmus , Suid-Afrikaanse politikus († 1967 ).
1 Februarie – Ivan Mitford-Barberton , Suid-Afrikaanse beeldhouer en skrywer († 1976 ).
5 Februarie – Basil Schonland , Suid-Afrikaanse fisikus († 1972 ).
11 Februarie – Jeremy Schulman , Suid-Afrikaanse violis en dirigent († 1969 ).
22 Februarie – Paul van Ostaijen , Vlaamse digter († 1928 ).
25 Februarie – Ida Noddack , 'n Duitse chemikus en fisikus († 1978 ).
26 Februarie – Andrei Zhdanov , Sowjetleier en kulturele ideoloog († 1948 ).
19 Maart – Helga Molander , Duitse aktrise († 1986 ).
18 Mei – Walter Fitzgerald 'n Engelse akteur († 1976 ).
23 Mei – Felix Steiner , Duitse generaal († 1966 ).
15 Junie – Inez Clare Verdoorn , Suid-Afrikaanse plantkundige († 1989 ).
16 Julie – Trygve Lie , 'n Noorse politikus, diplomaat en die eerste sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies († 1968 ).
19 Julie – A.J. Cronin , Skotse romanskrywer († 1981 ).
9 Augustus – Jean Piaget , Switserse sielkundige († 1980 ).
14 Augustus – Albert Ball , Engelse bobaasvlieënier († 1917 ).
17 Augustus – Leslie Groves , luitenant-generaal in die Amerikaanse Leër en projekbestuurder van die Manhattan-projek († 1970 ).
17 Augustus – Hendrik de Vries , Nederlandse digter en skilder († 1989 ).
24 September – F. Scott Fitzgerald , Amerikaanse skrywer († 1940 ).
25 September – Willem Hendrik van den Bos , Suid-Afrikaanse sterrekundige († 1974 ).
16 Oktober – M.S.B. Kritzinger , Afrikaanse letterkundige en leksikograaf († 1977 ).
27 Oktober – Edith Brown, oorlewende van die Titanic -skeepsramp († 1997 ).
4 November – Ian Wolfe , Amerikaanse akteur († 1992 ).
14 November – Mamie Eisenhower, Eerste Dame van die VSA († 1979 ).