Welkom by Wikipedia,
Maandag, 23 Maart 2026
Hier is tans 128 431 artikels in Afrikaans.
Help ons om ’n wêreldklas-ensiklopedie in Afrikaans te skep.
Inleiding  Hulp  Kontak Gebruikersportaal  Voorbladartikels  Kategorieë  Stel ’n vraag

Voorbladartikel
Kaarte met 'n Franse patroon.

Speelkaarte is gewoonlik stukke dikkerige papier wat met dun plastiek oorgetrek is en kenmerkende motiewe het. Hulle word meestal gebruik vir kaartspeletjies, maar word ook soms gebruik in kaarttruuks, toekomsvoorspelling en die bou van kaarthuise. Kaarte word ook soms versamel. Speelkaarte is gewoonlik van palmgrootte vir maklike hantering en word meestal verkoop in 'n pak kaarte.

Die algemeenste soort kaarte in die Weste is dié met 'n Franse (of Engelse) patroon wat in standaardpakke van 52 verkoop word en jokers kan insluit, gevolg deur die Belgies-Genuese patroon. Baie lande gebruik egter ander, tradisionele soorte kaarte, insluitende dié met 'n Duitse, Italiaanse, Spaanse en Switserse patroon. Die agterkant van die kaarte het gewoonlik 'n ingewikkelde patroon wat dit moeilik maak om onderstebo kaarte uit te ken aan krap- of ander merke.

Speelkaarte is beskikbaar in 'n verskeidenheid style, want hulle kan vervaardig word vir kompetisies, casino's of kulkunstenaars, en as promosieartikels en soeweniers. Pakke kaarte of selfs enkele kaarte kan versamel word as 'n stokperdjie of vir hulle geldwaarde.

In die meeste kaartspeletjies word die kaarte deurmekaar gemaak deur 'n proses wat skommel genoem word. 'n Aantal kaarte word dan aan elke speler gedeel waarna elke speler na die gesig van sy kaarte sal kyk en die ander spelers slegs die agterkant van die ander spelers se kaarte kan sien. Die wyse hoe die kaarte in elke kaartspeletjie gebruik word, word bepaal deur die reëls van elke kaartspel.

...lees verder

In die nuus
Die T20I-wêreldbekertrofee waarom meegeding is
Die T20I-wêreldbekertrofee waarom meegeding is

Het u geweet...

... dat die Groenpuntvuurtoring die oudste vuurtoring in Suid-Afrika is? Dit staan op die noordwestelike punt van Tafelbaai in Mouillepunt, Kaapstad, en is in 1823 voltooi. Die rotsagtige Mouillepunt staan reeds eeue lank onder seevaarders bekend as een van die gevaarlikste punte aan die Kaap.

... dat Noord-Sotho nie 'n enkele taal is nie, al is dit 'n amptelike taal van Suid-Afrika? Dit is bloot 'n versamelnaam vir 'n klomp verwante tale, waarvan Pedi die grootste aantal sprekers het en die amptelike skryfwyse bepaal.

... dat Asië en Noord-Amerika op verskillende tye in die verlede deur die Beringlandbrug verbind is? Die laaste keer was tussen 22 000 en 7 000 jaar gelede.

... dat 'n lid van die Britse koningshuis in Suid-Afrika gesterf het? Prins Christian Victor van Sleeswyk-Holstein het tydens die Anglo-Boereoorlog op 29 Oktober 1900 in Pretoria aan maagkoors gesterf.

... dat sekere vroue in die Victoriaanse tydperk arseen gemeng met asyn en kalk gedrink het? Dit is gedoen om hul gelaatskleur te verbeter en hulle velle ligter te maak as bewys dat hulle van 'n hoër stand is en nie in die landerye werk nie.

Vandag in die geskiedenis

23 Maart: Nasionale Dag in Pakistan (1956)

Vlag van Pakistan
Vlag van Pakistan

Voorbladbeeld
'n Koninklike engelvis (Pygoplites diacanthus) in die Ras-Mohammed- Nasionale Park, Rooisee, Egipte.
Vind artikels

Geografie - Geologie
Suid-Afrika  Namibië  Botswana  Eswatini  Lesotho  Mosambiek  Zimbabwe

Afrika  Suider-Afrika  Amerika  Antarktika  Asië  Europa  Oseanië

Rusland  Turkye  Verenigde State van Amerika

Lande  Baaie  Berge  Eilande  Mere  Oseane  Riviere  Woestyne

Geskiedenis
Argeologie  Datums  Kulturele geskiedenis  Oorloë  Religieuse geskiedenis  Rewolusies  Vroeë beskawings  Antieke Egipte

Kultuur
Akteurs  Argitektuur  Dans  Letterkunde  Mitologie  Griekse mitologie  Mode  Museums  Musiek  Rolprente  Taal  Vermaak

Natuur
Bewaringsgebiede  Diere  Plante

Religie
Agnostisisme  Baha'i  Boeddhisme  Christendom  Gnostisisme  Hindoeïsme  Islam  Judaïsme  Mitologie  New Age  Paganisme  Politeïsme  Satanisme  Sikhisme  Zoroastrisme

Samelewing
Besigheid  Ekonomie  Krieket  Politiek  Rugby  Sport  Vlae en wapens  Vervoer

Taal
Kunsmatige taal  Natuurlike taal  Taalfamilies  Skryfstelsels

Tegnologie
Elektronika  Fotografie  Inligtingstegnologie  Klanktegnologie  Voertuigtegnologie

Wetenskap
Biologie  Chemie  Filosofie  Fisika  Natuurwetenskap  Sielkunde  Sosiologie  Sterrekunde  Wiskunde

Artikelindeks  Kategorieboom  Lyste  Hoe soek ek?

Wikipedia in ander tale
Weergawes met meer as 1 000 000 artikels
العربيةمصرىCebuanoDeutschEnglishEspañolفارسیFrançaisItaliano日本語NederlandsPolskiPortuguêsРусскийSvenskaУкраїнськаTiếng ViệtWinaray中文
Weergawes met meer as 750 000 artikels
Català
Weergawes met meer as 500 000 artikels
تۆرکجهНохчийнČeštinaSuomiMagyarBahasa Indonesia한국어Norsk (bokmål)‬RomânăСрпски / srpskiTürkçeТатарча / tatarça
Weergawes met meer as 250 000 artikels
БеларускаяБългарскиCymraegDanskΕλληνικάEsperantoEestiEuskaraעבריתՀայերենҚазақшаBaso MinangkabauBahasa MelayuSrpskohrvatski / српскохрватскиSimple EnglishSlovenčinaOʻzbekchaBân-lâm-gú
Weergawes met meer as 100 000 artikels
AfrikaansAsturianuAzərbaycancaবাংলাBosanskiGalegoहिन्दीHrvatskiქართულიLatinaLadinLietuviųLatviešuMalagasyМакедонскиमराठीမြန်မာဘာသာNorsk (nynorsk)‬OccitanSlovenščinaShqipKiswahiliதமிழ்తెలుగుТоҷикӣไทยاردو粵語
Weergawes met meer as 50 000 artikels
aragonésБашҡортБеларуская (тарашкевіца)BrezhonegکوردیчӑвашлаFryskGaeilgeگیلکیHausaKreyòl ayisyenIdoÍslenskaBasa JawaKurdî / كوردیКыргызчаLëtzebuergeschlombardമലയാളംمازِرونیPlattdüütschनेपाल भाषाਪੰਜਾਬੀPiemontèisشاہ مکھی پنجابی (Shāhmukhī Pañjābī)Basa SundaŚlůnskiTagalogVèneto

Lys van alle taalweergawes van Wikipedia

Susterprojekte
Commons
Vrye media
Wikiwoordeboek
Vrye woordeboek
Wikinews
Vrye nuusbron
Wikisource
Die vrye biblioteek
Wikibooks
Vrye boeke
Wikiquote
Aanhalings
Wikispecies
Spesie-indeks
Meta-Wiki
Projekkoördinering